Hebrews 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie woord, nog eens, dui op die verwydering van die dinge wat geskud word, as van die dinge wat gemaak is, sodat die dinge wat nie geskud kan word nie, kan bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. |
| Afrikaans 1983 | Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hierdie uitdrukking “nog een keer” wys op die verandering van die wankelbare dinge – aangesien hulle geskape is – sodat die onwankelbare dinge sal bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En hierdie woorde, “nog een maal”, sê duidelik dat God die dinge sal wegneem, die dinge wat Hy gemaak en geskud het, sodat net die dinge wat niemand kan skud nie, sal oorbly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met die woorde “nog ’n keer” bedoel Hy dat alles op aarde uitmekaargeskud gaan word. Net dié dinge sal oorbly wat vir altyd daar sal wees. |