Hebrews 12:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pas op dat julle hom wat spreek nie weier nie. Want as hulle nie ontvlug het wat Hom verwerp het wat op aarde gespreek het nie, veel meer sal ons nie ontvlug nie, as ons afwyk van Hom wat uit die hemel spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pas op dat julle Hom wat met julle praat, nie ignoreer nie. As die Israeliete nie ongestraf kon wegkom toe hulle Hom wat sy stem op aarde laat hoor het, afgewys het nie, hoeveel minder sal ons kan wegkom as ons die stem uit die hemel afwys! |
| Afrikaans 1933/1953 | Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as hulle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde 'n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder ons wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. |
| Afrikaans 1983 | Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie. Hulle wat Hom afgewys het toe Hy sy Goddelike woord op aarde laat hoor het, het nie ontkom nie. Hoeveel minder sal ons ontkom wanneer ons nie ag slaan op Hom wat van die hemel af met ons praat nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sien toe dat julle Hom wat praat, nie verontagsaam nie; want as hulle nie ontvlug het toe hulle Hom, wat hulle op aarde gewaarsku het, verontagsaam het nie, soveel te meer ons, as ons die rug draai op Hom wat ons van die hemele af waarsku! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet oppas, julle moenie ongehoorsaam wees aan Hom wat met julle praat nie. Want toe God daardie mense voorheen op die aarde gewaarsku het, wou hulle nie luister na Hom nie, en hulle kon nie wegvlug van Hom nie. Ja, dit is waar, God waarsku nou vir ons uit die hemel, en julle weet dat as ons nie wil luister na God nie, dan sal ons ook nie kan vlug nie, dit sal nog slegter gaan met ons as met daardie mense wat ook nie kon vlug nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet onder geen omstandighede julle rug vir God draai wanneer Hy met julle praat nie. Die mense wat nie na Hom wou luister toe Hy met hulle hier op aarde deur Moses gepraat het nie, het lelik in die stof gebyt. As ons ons dan nie meer steur aan God wat uit die hemel met ons praat nie, sal dit nog slegter met ons gaan. |