Hebrews 12:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle het gekom by die berg Sion en by die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem, en by 'n ontelbare menigte engele, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee, julle het aangekom by Sionsberg, by die stad van die lewende God! Julle het aangekom by die hemelse Jerusalem, by die miljoene engele wat juigend feestelik bymekaar is, |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, |
| Afrikaans 1983 | Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nee, julle het aangekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, by die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, by die feestelike byeenkoms, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, julle het by Sionsberg gekom, julle het gekom by die stad van die God wat lewe, by Jerusalem wat in die hemel is. Julle het ook gekom by so baie engele dat 'n mens hulle nie kan tel nie, julle het gekom by die fees waar almal bly is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar kyk net by watter berg het julle uitgekom. Julle het gekom by die berg Sion waar die woonplek van die lewende God is, die hemelse Jerusalem. Daar is duisende der duisende hemelwesens wat vrolik bymekaar is en saamsing. |