Hebrews 12:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Want hulle kon nie verdra wat beveel is nie, en as 'n dier die berg aanraak, sal dit gestenig word of met 'n pyl deurboor word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God se opdrag dat selfs ’n dier wat die berg met sy poot aanraak, doodgegooi moes word, kon hulle nie hanteer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as 'n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met 'n pyl neergeskiet word. |
| Afrikaans 1983 | Die bevel dat selfs 'n dier wat aan die berg raak, met klippe doodgegooi moet word, was vir hulle ondraaglik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want die opdrag, “Selfs as 'n wilde dier die berg aanraak, moet dit gestenig word”, kon hulle nie hanteer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want hulle kon nie doen wat God gesê het nie. Hy het gesê: “ As 'n dier aan die berg raak, dan moet hulle hom doodgooi met klippe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat God vir hulle gesê het, was ondraaglik: “Selfs as ’n dier net aan die berg raak, moet dit doodgegooi word met klippe.” |