Hebrews 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat daar geen hoereerder of goddelose mens wees soos Esau nie, wat vir een stukkie vleis sy eersgeboortereg verkoop het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sorg dat niemand onder julle seksueel sondig of goddeloos optree soos Esau wat sy eersgeboortereg vir ’n skamele ete verkwansel het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat niemand 'n hoereerder wees nie, of 'n onheilige soos Esau, wat vir,,n spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. |
| Afrikaans 1983 | Sorg ook dat niemand sedeloos en goddeloos lewe nie, soos Esau wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook dat niemand sedeloos of goddeloos optree, soos Esau nie – hy wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg prysgegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook oppas dat niemand soos Esau lewe nie. Hy het onsedelik gelewe en hy het gelewe soos 'n mens wat niks van God wil weet nie. Ja, Esau het vir een ete sy regte van die oudste seun verkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sorg dat niemand seksueel verkeerde dinge doen of hulle rug vir God draai soos Esau gedoen het nie. Hy het mos sy reg as oudste seun en erfgenaam sommer vir ’n bord sop verruil. |