Hebrews 12:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sorg dat niemand die genade van God versuim nie; dat geen wortel van bitterheid wat opskiet, julle verskrik en daardeur baie verontreinig word nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Wees baie versigtig dat niemand van julle uitsak en God se genade verspeel nie. Moenie dat daar onder julle ’n loot van bitterheid opskiet wat moeilikheid veroorsaak en baie aansteek nie.
Afrikaans 1933/1953 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.
Afrikaans 1983 Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sien toe dat niemand die genade van God verspeel nie, sodat geen wortel van bitterheid opskiet, en moeilikheid veroorsaak, en baie daardeur besoedel word nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook oppas dat niemand God se genade weggooi nie. Iemand wat dit doen, is soos 'n giftige plant wat groei en groot word, hy maak probleme en hy laat baie mense vuil word van die sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Help mekaar sodat nie een van julle dalk al die goeie dinge misloop wat God so vrylik vir ons gee nie. As daar iets onder julle gebeur wat mense ongelukkig en kwaad maak vir mekaar, moet dit met wortel en tak uitgeroei word. As dit nie gedoen word nie, word dit soos ’n giftige plant wat uiteindelik baie mense seermaak.