Hebrews 11:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God het vir ons iets beters voorsien, sodat hulle sonder ons nie volmaak sou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die rede daarvoor is dat God met ons in gedagte iets beters beoog het sodat hulle nie sonder ons volmaaktheid sou bereik nie.
Afrikaans 1933/1953 omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
Afrikaans 1983 omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) aangesien God iets beters vir ons voorsien het, sodat hulle nie sonder ons volmaak gemaak sou word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het dit gedoen omdat Hy 'n beter plan gehad het vir ons wat in Christus glo. God wou hê dat hulle en ons almal saam moet wees soos Hy wil hê ons moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het ’n ander, baie beter plan met ons almal. Hulle sal nie alleen nie, maar saam met ons alles volledig kry wat God vir ons almal wil en sal gee.