Hebrews 11:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hulle almal deur die geloof 'n goeie verslag verkry het, het hulle die belofte nie aangeneem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En alhoewel daar oor hulle almal op grond van hulle geloof met soveel lof getuig is, het nie een van hulle ten volle verkry wat God beloof het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, |
| Afrikaans 1983 | En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hoewel daar oor al hierdie mense vanweë hulle geloof met lof getuig is, het hulle nie die belofte ontvang nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Ou Testament sê vir ons dat God tevrede was met al hierdie voorouers van ons omdat hulle in Hom geglo het. Maar Hy het nie vir hulle die dinge gegee wat Hy belowe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoewel daar soveel mooi dinge oor hierdie mense gesê is omdat hulle so op God vertrou het, het hulle ook nog nie alles gekry wat God vir hulle beloof het nie. |