Hebrews 11:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle is gestenig, hulle is uitmekaar gesaag, is versoek, is met die swaard gedood; hulle het rondgedwaal in skaapvelle en bokvelle; behoeftig, geteisterd, gepynig word; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is met klippe doodgegooi, in twee gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgegaan in skaapvelle en bokvelle, honger en verdruk en mishandel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel -- |
| Afrikaans 1983 | Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle is gestenig, middeldeur gesaag; deur teregstelling met die swaard het hulle gesterf, in skaapvelle het hulle geswerf, in bokvelle, behoeftig, verdruk, mishandel – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense het hulle met klippe doodgegooi, met 'n saag in stukke gesaag, met 'n swaard doodgemaak. Ander gelowiges het rondgeloop in klere van skaapvelle en bokvelle. Hulle het nie kos en klere gehad nie, mense het hulle laat swaarkry en het hulle baie seer gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die lysie word langer: van hulle is met klippe doodgegooi, ander is in stukke gesaag of met swaarde doodgekap. Met party het dit so sleg gegaan dat hulle net ’n skaap- of bokvelletjie gehad het om aan te trek. Hulle het nie eens behoorlik kos gehad om te eet nie, en waar hulle ook al gekom het, het mense hulle weggejaag en sleg behandel. Hulle het in die wildernis gaan bly en in grotte en gate weggekruip. |