Hebrews 11:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ander het tereggestaan op wrede bespottings en geselinge, ja, boeie en gevangenisstraf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Party moes bespotting en géseling verduur, ook arrestasie en gevangenskap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. |
| Afrikaans 1983 | Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | nog ander het die toets van bespotting en slae verduur, en boonop van boeie en gevangenskap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense het ander gelowiges gespot en met 'n sweep geslaan, hulle het die gelowiges ook geboei en in die tronk gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party is uitgejou en geslaan, terwyl ander geboei in die tronk gegooi is. |