Hebrews 11:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat sal ek nog sê? want die tyd sou my ontbreek om van Gedeon en van Barak en van Simson en van Jeftae te vertel; ook van Dawid en Samuel en van die profete:
Afrikaans (NLV) 2011 Wat meer moet ek nog sê? Dit sal veels te lank neem om nog te vertel van die geloof van Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, Samuel en die profete.
Afrikaans 1933/1953 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van G¡deon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,
Afrikaans 1983 En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wat moet ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek om te vertel van Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, en ook van Samuel en die profete –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal nie nog iets sê nie, dit is nie nodig nie, want dit sal baie lank neem om te vertel van Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid en Samuel en die profete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat meer hoef ek nog te sê? Ek kan heeldag besig bly om nog sulke voorbeelde te gee. Dink maar net aan Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, Samuel en al die ander manne wat God se boodskap moes verkondig.