Hebrews 11:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie omgekom saam met die ongelowiges nie, toe sy die spioene met vrede ontvang het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat sy geglo het, het Ragab die prostituut die spioene vriendelik ontvang en nie saam met die mense van haar stad, wat aan God ongehoorsaam was, gesterf nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het. |
| Afrikaans 1983 | Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur geloof het Ragab, die prostituut, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ragab, die prostituut, het in God geglo, en daarom het sy gesê dat die spioene van die Israeliete welkom is by haar, daarom het sy nie gesterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En dan was daar nog Ragab, die straatvrou. Sy het in God geglo en die Israelitiese spioene gehelp. Daarom het God haar nie saam met al die ander ongehoorsame mense van die stad doodgemaak nie. |