Hebrews 11:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur geloof het die mure van Jerigo geval nadat hulle omtrent sewe dae lank omsingel was.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle vir sewe dae om Jerigo marsjeer en sy mure het ineengestort.
Afrikaans 1933/1953 Deur die geloof het die mure van J,rigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.
Afrikaans 1983 Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur geloof het die mure van Jerigo geval, nadat daar vir sewe dae rondom die stad getrek is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het in God geglo, en daarom het die mure van Jerigo geval nadat die Israeliete sewe dae lank om die mure van Jerigo geloop het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op dieselfde manier het die mure van Jerigo inmekaargesak nadat God se mense sewe dae lank elke dag om die stad getrek het.