Hebrews 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur geloof verstaan ons dat die wêrelde deur die woord van God omring is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit dinge wat wel verskyn nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur net ’n woord te spreek, die ganse heelal geskep het. Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. |
| Afrikaans 1983 | Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is. Gevolglik het dit wat gesien word, nie uit die sigbare ontstaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wat in God glo, verstaan dat God gepraat het en só die hemel en die aarde gemaak het. 'n Mens kan party dinge nie sien nie, maar God het daardie dinge gebruik om die dinge te maak wat 'n mens kan sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat ons glo, weet ons dat God die wêreld gemaak het deur net te sê dat dit daar moet wees, en dit was daar. Dit is nie gemaak uit iets wat ons kan sien nie. |