Hebrews 11:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die smaad van Christus groter rykdom geag as die skatte in Egipte, want hy het gerespekteer op die vergelding van die beloning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir hom was die smaad wat hy ter wille van Christus, die Messias, moes deurmaak, ’n groter rykdom as die skatte van Egipte. Hy het immers uitgesien na die beloning wat God aan hom sou gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. |
| Afrikaans 1983 | Die smaad ter wille van die Christus het hy 'n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die smaad van die •Christus groter rykdom geag as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want Moses het gedink dat wanneer mense hom beledig soos hulle later die Christus beledig het, dan is hy ryker as wanneer hy al die mooi en duur goed van Egipte sal hê, want Moses wou graag die beloning kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was vir hom baie beter dat daar op hom getrap word ter wille van die Redder wat sou kom, as om al die skatte van Egipte te hê. |