Hebrews 11:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur verkies om liewer saam met die volk van God verdrukking te ly as om vir 'n tyd lank die plesier van die sonde te geniet; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die swaarkry saam met God se volk verkies bo die kortstondige genieting van die sonde. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê, |
| Afrikaans 1983 | Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en het hy eerder verkies om saam met die volk van God sleg behandel te word as om die kortstondige genot van sonde te beleef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, Moses het gekies om saam met die volk van God swaar te kry, hy het nie gekies om vir 'n kort tydjie die sonde te geniet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het sy keuse gemaak: hy sou eerder sleg behandel word saam met die mense van God as om ’n kort rukkie lekker in die sonde te baljaar. |