Hebrews 11:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur geloof het Moses geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat Moses geglo het, het hy as volwasse man geweier om as die seun van Farao se dogter bekend te staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word, |
| Afrikaans 1983 | Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van die dogter van die farao genoem te word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het groot geword en hy het in God geglo. Daarom wou hy nie hê dat mense hom die seun van die farao se dogter moet noem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hy op die Here vertrou het, het Moses, toe hy groter geword het, geweier dat mense hom die kleinseun van die koning van Egipte noem. |