Hebrews 11:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur die geloof het Josef, toe hy gesterf het, melding gemaak van die vertrek van die kinders van Israel; en bevel gegee aangaande sy gebeente.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat Josef geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die Israeliete se uittog uit Egipte en opdrag gegee dat hulle sy beendere moes saamneem.
Afrikaans 1933/1953 Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente.
Afrikaans 1983 Omdat Josef geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die uittog van die Israeliete en opdrag gegee in verband met sy liggaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur geloof het Josef, toe hy op sy einde was, van die uittog van die kinders van Israel melding gemaak, en het hy opdrag gegee in verband met sy beendere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het in God geglo, en daarom het Josef daaroor gepraat dat die nageslag van Israel sal terugkom uit Egipte na hulle land. Hy het dit gesê kort voordat hy gesterf het, en hy het ook gesê wat hulle ná sy dood met sy liggaam moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dieselfde het met Josef gebeur, want hy het ook in God geglo. Toe hy begin voel dat die dood nader kom, het hy die Israeliete vertel hoe God sal sorg dat hulle uit Egipte sal trek. Hy het selfs gereël wat hulle met sy lyk moes maak.