Hebrews 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur geloof het Jakob, toe hy op sterwe was, albei die seuns van Josef geseën; en aanbid en op die top van sy staf geleun. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat hy geglo het, het Jakob op sy sterfbed albei seuns van Josef geseën en biddend voor God gebuig terwyl hy op sy kierie geleun het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die geloof het Jakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; en hy het aanbid terwyl hy leun op die knop van sy staf. |
| Afrikaans 1983 | Omdat Jakob geglo het, het hy op sy sterfbed albei die seuns van Josef geseën en tot God gebid terwyl hy op die knop van sy kierie leun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur geloof het Jakob, terwyl hy sterwend was, elkeen van die seuns van Josef geseën, en “het hy in aanbidding gebuig oor die bopunt van sy staf”. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het in God geglo, en daarom het Jakob altwee die seuns van Josef geseën en het hy God aanbid terwyl hy oor die knop van sy kierie gebuig het. Jakob het dit gedoen terwyl hy besig was om te sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het net so op God vertrou. Toe hy op sy sterfbed gelê het, het hy ook vir sy kinders ’n mooi toekoms beloof. So, terwyl hy op sy kierie leun, het hy met God in aanbidding gepraat. |