Hebrews 10:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons is nie van hulle wat terugtrek na die verderf nie; maar van die wat glo tot redding van die siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons is egter nie mense wat ons tot ons eie ondergang laat afskrik nie. Nee, ons vertrou op God en daardeur sal ons lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe. |
| Afrikaans 1983 | Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ons is nie deel van enige onttrekking wat tot ondergang lei nie, maar van die geloof wat lei tot behoud van die lewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons is nie mense wat ophou glo nie, en daarom sal ons nie verlore gaan nie. Nee, ons is mense wat in Christus glo en daarom sal ons die ewige lewe kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons is nie van die soort wat bang word en so ons plek by God verloor nie. Ons bly op Hom vertrou en sal saam met Hom vir ewig leef. |