Hebrews 10:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou sal die regverdige uit die geloof lewe, maar as iemand hom terugtrek, sal my siel geen behae in hom hê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié mense wat my wil doen, sal uit die geloof lewe. Maar dié wie se moed hulle begewe — van hulle wil Ek niks weet nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. |
| Afrikaans 1983 | En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My regverdige sal deur geloof leef. As hy hom egter sou onttrek, het Ek geen behae in hom nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy wat gehoorsaam is aan My en wat reg lewe, sal aanhou lewe omdat hy My vertrou. Maar as hy ophou om te glo, dan is Ek nie tevrede met hom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die persoon wie se saak met My reg is omdat hy op My vertrou, sal saam met My leef. Maar as iemand se moed hom begewe en hy nie meer vir alles kans sien nie, moet hy nie verwag dat Ek met hom tevrede sal wees nie.” |