Hebrews 10:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar herinner aan die vorige dae, waarin julle, nadat julle verlig is, 'n groot stryd van verdrukkinge verduur het;
Afrikaans (NLV) 2011 Dink terug aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Onthou hoe julle ten spyte van al die opoffering en lyding volhard het.
Afrikaans 1933/1953 Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, 'n groot lydensworsteling deurstaan het,
Afrikaans 1983 Dink terug aan vroeër dae toe God julle tot die lig gebring het, hoe julle in die stryd staande gebly het toe julle baie moes ly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar onthou die vroeër dae toe julle, nadat julle verlig is, 'n geweldige stryd van lyding deurstaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle moet onthou dat julle baie swaar gekry het in daardie tyd toe julle gelowiges geword het, maar julle het aangehou om in Christus te glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou julle nog toe julle pas Christene geword het? Julle het baie swaargekry, maar niks kon julle wegkry van julle vertroue op God nie.