Hebrews 10:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar 'n sekere vreesaanjaende verlange na oordeel en vurige grimmigheid, wat die teëstanders sal verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al wat oorbly, is die vreeslike vooruitsig van God se oordeel, ja ’n gloeiende vuur wat God se vyande gaan verteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. |
| Afrikaans 1983 | Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar wel 'n verskriklike verwagting van oordeel en intense vuur, wat God se teenstanders gaan verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, dan moet ons bang wees omdat ons weet dat God ons sal oordeel, sy straf sal wees soos 'n baie warm vuur wat almal verbrand wat teen God is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al wat vir so iemand oorbly, is om die verskriklike woorde van God te hoor: “Jy is skuldig,” en dan die gloeiende vuur in te stap wat die vyande van God gaan verteer. |