Hebrews 10:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op 'n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geheilig het, deur die voorhangsel, dit is sy vlees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, |
| Afrikaans 1983 | en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | langs 'n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir ons 'n nuwe pad oopgemaak na God toe, dit is 'n pad wat vir ons bring na die ware lewe by God omdat Jesus deur die gordyn ingegaan het in die hoog-gewyde kamer. Hy het dit gedoen toe Hy self gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het gesê dat daar tussen die twee kamers in die Heilige plek ’n gordyn gehang het. Jesus se liggaam kan met dié gordyn vergelyk word. Die gordyn van Jesus se liggaam is geskeur om so ’n nuwe pad na die lewe saam met God oop te maak. |