Hebrews 10:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sou hulle dan nie opgehou het om geoffer te word nie? omdat die aanbidders wat eenmaal gereinig is, geen gewete meer van sondes moes gehad het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die offers dit wel gedoen het, sou dié wat kom aanbid het, nadat hulle een maal gereinig is, geen skuldgevoelens meer oorgehou het nie en sou hulle mos opgehou het om offers te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. |
| Afrikaans 1983 | As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As mense vir God offers bring en die offers reinig die mense net een maal, vir altyd, dan sal hulle weet dat daar nie meer sondes in hulle lewe is nie. En dan sal hulle ophou om offers vir God te bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink net daaraan, as die offers regtig gehelp het, sou hulle mos daarmee opgehou het. Dan sou hulle saak met God mos reg gewees het en sou hulle sondes hulle nie langer gepla het nie. |