Hebrews 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur dan, broeders, vrymoedigheid te hê om in die heiligste in te gaan deur die bloed van Jesus,
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus
Afrikaans 1983 Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Broers, ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, vriende, omdat Jesus vir ons gesterf het, mag ons na God toe gaan in die gewyde tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe vriende, ons hoef nou nie meer onseker of bang te wees om na God toe te gaan waar Hy in die Heiligste deel is nie. Ons kan dit doen omdat Jesus vir ons gesterf het.