Hebrews 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elke priester staan daagliks en bedien en bring dikwels dieselfde offers, wat nooit die sondes kan wegneem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Onder die ou verbond staan elke priester dag vir dag op diens en bring hy oor en oor dieselfde offers wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.
Afrikaans 1933/1953 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
Afrikaans 1983 Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters sloof hulle elke dag met dieselfde ou offers af. Hulle doen dit dagin en daguit. Die offers kan tog nooit maak dat God nie meer die verkeerde dinge raaksien wat mense doen nie.