Haggai 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou, let tog op van vandag af en verder, van voordat 'n klip op 'n klip gelê is in die tempel van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hou dit voortaan in gedagte. Dink ’n bietjie hoe julle omstandighede was voordat julle die fondament van die Here se tempel begin lê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die HERE, |
| Afrikaans 1983 | Let daarom op wat in die verlede en tot nou toe gebeur het: voordat julle begin het om die tempel van die Here te herbou, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom dan, neem voortaan ter harte hoe dit met julle gegaan het voordat klip op klip in die •tempel van die Here gelê is: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet kyk wat nou met julle sal gebeur. Voordat julle begin het om hierdie tempel weer te bou, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Van vandag af moet julle bly onthou hoe dit in die verlede gegaan het. Voordat julle begin bou het aan die huis van die Here, het niks volgens plan verloop nie. |