Haggai 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand heilig vleis in die slip van sy kleed dra en met sy slip aan brood of drank of wyn of olie of enige vleis raak, moet dit heilig wees? En die priesters antwoord en sê: Nee.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê nou een van julle dra ’n heilige offer in ’n sak van sy klere. En sê nou hy raak aan ’n stuk brood, gekookte kos, wyn, olie of enige ander vorm van kos, sal dit dan gewy wees?” Die priesters het geantwoord: “Nee.”
Afrikaans 1933/1953 As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.
Afrikaans 1983 As iemand vleis wat aan die Here gewy is, in die sak van sy klere dra, en hy raak met die sak aan brood of groente of wyn of olie of enige ander soort kos, sal dié dinge dan gewy wees? Die priesters antwoord toe: “Nee!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand heilige vleis in die vou van sy kleed dra en hy raak met die vou van sy kleed aan brood of gekookte kos, of wyn of olyfolie, of enige kos, word dit dan heilig?’ ” Die priesters se antwoord was: “Nee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand gewyde vleis in sy klere dra en sy klere raak dan aan brood of aan gekookte kos of wyn of olie of enige ander kos, sal daardie kos dan ook gewy wees? Wat sê die wet?” Die priesters het geantwoord: “Nee, die kos sal nie gewy wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die probleem was die volgende: “Sê nou maar iemand dra ’n stuk vleis wat aan die Here geoffer is in sy jas en hy raak per ongeluk met sy jas aan ander kos, soos brood, gekookte kos, wyn of olie, of enige ander soort kos. Sal dit dan beteken dat hierdie ander kos nou ook aan die Here toegewy is soos dit die geval met die vleis is?” Die priesters het nie getwyfel nie en het geantwoord: “Nee.”