Haggai 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Serubbabel, die seun van Sealtiël, en Josua, die seun van Josédek, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk geluister na die stem van die HERE hulle God en die woorde van die profeet Haggai, soos die HERE hulle God gestuur het hom, en die volk het gevrees voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profeet Haggai het die boodskap van die Here aan die mense oorgedra. Serubbabel, Jesua en al die mense wat in die land agtergebly het, het die boodskap van die Here hulle God gehoorsaam. Hulle het toe in alle erns die Here begin aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Serubb bel, die seun van Se ltiël, en Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die stem van die HERE hulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee die HERE hulle God hom gestuur het; en die volk was vervul met vrees voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Serubbabel seun van Sealtiël, en die hoëpriester Jesua seun van Josadak, en almal wat van die volk oorgebly het, ter harte geneem wat die Here hulle God gesê het, wat die profeet Haggai in opdrag van die Here hulle God gesê het. Die volk was vervul met ontsag vir die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Serubbabel, seun van Sealtiël, en Josua, die hoëpriester en seun van Jehosadak, en almal wat oor was van die volk, het geluister na die stem van die Here hulle God en ag geslaan op die woorde van Haggai, die profeet, toe die Here hulle God hom gestuur het. Die volk was bang vir die Here, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Serubbabel en die hoëpriester Jesua en al die mense wat nog gelewe het, het gehoor wat hulle God die Here gesê het. Hulle het die boodskap gehoor wat die profeet Haggai vir hulle gebring het. Die volk het toe bang geword vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Haggai het gedoen wat die Here gesê het. Hy het met die mense van Juda gepraat en gesê wat die Here wou hê hulle moes hoor. Serubbabel, wat nou die hoof van die land was, die hoëpriester Jesua en al die mense wat in die land was, het positief gereageer op wat die Here hulle God te sê gehad het. Die mense van Juda het weer besluit om die Here met hulle hele hart te dien. |