Habakkuk 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U boog is heeltemal naak gemaak, volgens die eed van die stamme, ja, u woord. Sela. U het die aarde met riviere gekloof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U beveel u magtige wapens om gereed te wees. Sela Met riviere kloof U die aarde oop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde. |
| Afrikaans 1983 | U het u boog uitgehaal en met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig. Sela U het die aarde oopgebreek en riviere laat stroom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U boog is heeltemal ontbloot, “sewe knuppels!” was die bevel; vir strome kloof U die aarde oop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U haal u boog uit en U skiet u pyle, die weerlig. Die weerlig slaan waar U gesê het dit moet slaan. Sela Dan val die reën en die riviere sny die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is reg vir sy vyand en sy wapens sal vir seker sorg dat Hy die geveg sal wen. Hy breek die aarde oop vir die riviere om te vloei. |