Habakkuk 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Was die HERE ontevrede oor die riviere? was jou toorn teen die riviere? was u toorn teen die see, dat u op u perde en u strydwaens van verlossing gery het?
Afrikaans (NLV) 2011 Was U kwaad vir die riviere, Here, toe u woede teen strome ontvlam, u toorn teen die see ontbrand het? U het op perde gery en op strydwaens van oorwinning!
Afrikaans 1933/1953 Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
Afrikaans 1983 Was U kwaad vir die riviere, Here? Het u toorn teen die strome ontvlam? Het die see U woedend gemaak dat U op u perde gery het, op die strydwaens waarmee U oorwin?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, het u toorn teen die riviere ontbrand? Is u toorn teen die riviere, of is u gramskap teen die see gerig, dat U met u perde op u strydwaens ry vir verlossing?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, dit lyk of U kwaad is vir die riviere en die see, want U kom op u perde en u oorlogkarre, die wolke. U kom om u vyande te oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sommige mense glo dat riviere en die see sterk magte is wat vyande van die Here is. Die Here is kwaad hieroor. Hy sal daarom soos ’n goed gewapende soldaat veg teen hierdie magte wat hulle gesag uitdaag. Hy sal wen!