Habakkuk 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het die tente van Kusan in benoudheid gesien, en die gordyne van die land Mídian het gebewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sien die tente van Kusan bewe, die benoudheid van dié in Midian.
Afrikaans 1933/1953 Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land M¡dian bewe.
Afrikaans 1983 Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref, hoe die tentdoeke van Midian bewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gesien die tente van Kusan verkeer in nood, die tentdoeke van die land Midian sidder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sien hoe die Here die Midianiete straf, die mense wat in tente woon in die land Kusan. Ek sien hoe bewe die mense in hulle tente in die land Midian.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kon die uitwerking van die Here se teenwoordigheid ook op van die ander volke sien. Hulle het in angs aan die bewe gegaan.