Habakkuk 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het gaan staan en die aarde gemeet; en die ewige berge is verstrooi, die ewige heuwels het gebuig; sy weë is ewig.
Afrikaans (NLV) 2011 As Hy stilstaan, skud die aarde. Wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Hy laat oeroue berge verkrummel en eeue oue heuwels platval.
Afrikaans 1933/1953 Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels -- paaie van die ou tyd vir Hom.
Afrikaans 1983 Wanneer Hy staan, skud die aarde; wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Die eeue-oue berge verkrummel, die ou-ou heuwels val inmekaar, die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gaan staan, en die aarde laat bewe; Hy het net gekyk, en die nasies laat opspring. Die oeroue berge het verbrokkel, die ewige heuwels het laag gebuk. Die ewige wentelbane van die sterre behoort immers aan Hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die aarde bewe waar Hy staan, die volke bewe waar Hy kyk. Die berge en die heuwels is baie oud, maar hulle breek en val. Die Here loop oor hulle soos Hy altyd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hy kom, is dit soos ’n aardbewing wat ’n mens beangs maak. Oeroue berge en heuwels bars uitmekaar en verkrummel van die geskud, niks word onaangeraak gelaat nie.