Habakkuk 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy glans was soos die lig; horings het uit sy hand uitgekom, en daar was die verberging van sy krag.
Afrikaans (NLV) 2011 Helder ligstrale flits uit sy hand, daar waar sy krag verskuil is.
Afrikaans 1933/1953 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dr is die omhulsel van sy krag.
Afrikaans 1983 Hy kom met die glans van die lig, weerligte blits uit sy hand, sy hand so vol mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Skitterend soos sonlig was die ligstrale uit sy hand; daarin het krag geskuil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is lig rondom Hom, so lig soos die son, en uit sy hand kom die weerlig. Dan sien die mense hoe sterk Hy is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ons sy teenwoordigheid sou kon beskryf, sou dit soos helder lig wees wat uitgestraal word en soos weerlig wat blits. Iewers agter die ligglans is sy groot krag weggesteek.