Habakkuk 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE, ek het u woord gehoor, en ek was bevrees; o HERE, laat u werk lewend in die middel van die jare, maak dit bekend in die middel van die jare; in toorn onthou barmhartigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 O Here, ek het gehoor wat van U vertel word. Ek is in verwondering oor alles wat U gedoen het. Doen in ons tyd ook hierdie dinge wat U in die verlede gedoen het. Moenie vergeet om genadig te wees nie al is U baie kwaad.
Afrikaans 1933/1953 HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
Afrikaans 1983 Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, toe ek van u roem gehoor het, is ek met ontsag vervul. U dade, Here, maak dit 'n werklikheid in hierdie tye; laat dit in hierdie tye bekend word. Onthou om barmhartig te wees te midde van ontsteltenis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, ek het gehoor die mense praat oor U, en ek eer U oor alles wat U gedoen het. Maar ek vra vir U: Doen dit nou weer, wys nou weer vir ons wat U gedoen het. U is nou kwaad, maar U moet asseblief weer goed wees vir ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, ek was verstom toe ek gehoor het van al die dinge wat U gedoen het. Ek bid dat U nou in ons nood weer hierdie buitengewone dinge sal doen. Here, wees genadig, selfs al is U vir ons kwaad.