Habakkuk 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE God is my sterkte, en Hy sal my voete maak soos dié van herte, en Hy sal my laat loop op my hoogtes. Aan die hoofsanger op my snaarinstrumente. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oppermagtige Here is my krag! Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Vir die musiekleier: Die psalm moet met snaarinstrumente begelei word.) |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos die van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente. |
| Afrikaans 1983 | Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here, my Heer, is my krag, Hy maak my voete soos wildsbokke, op my hoë plekke laat Hy my loop. Vir die •musiekleier. Met snarespel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here maak my sterk. Hy help my om veilig te loop oor hoë berge, so maklik soos 'n ribbok daar loop. Julle moet op die lier speel en hierdie lied sing. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te kan hanteer. (’n Nota vir die afrigter van die koor: Snaarinstrumente moet saam met die gebed gespeel word). |