Habakkuk 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al sal die vyeboom nie blom nie, en daar sal geen vrugte aan die wingerde wees nie; die arbeid van die olyf sal ophou, en die lande sal geen vleis oplewer nie; die kleinvee moet uit die kraal uitgeroei word, en daar mag geen beeste in die stalle wees nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg; |
| Afrikaans 1933/1953 | Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie -- |
| Afrikaans 1983 | Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al sou vyebome nie bot nie, daar geen opbrengs aan die wingerdstokke wees nie, die drag van die olyfbome teleurstel, die landerye niks te ete lewer nie, kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle oor wees nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyeboom kry nie blare nie, en daar is nie druiwe aan die wingerdstok nie. Daar is niks olywe nie, en ons het nie koring in ons koringlande nie. Die vyande het ons skape en bokke uit ons kampe weggevat, en daar is nie beeste in die kraal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, |