Habakkuk 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe ek dit hoor, het my maag gebewe; my lippe het gebewe van die stem: verrotting het in my gebeente ingekom, en ek het in myself gebewe, dat ek kon rus in die dag van benoudheid; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag vir die dag wanneer rampspoed dié mense tref wat besig is om ons aan te val. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak. |
| Afrikaans 1983 | Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder, my lippe het gebewe, my hele liggaam het lam geword, my bene het aan die ruk gegaan. Tog sal ek geduldig wag dat die dag van die oordeel moet kom oor die volk deur wie ons aangeval is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ek dit hoor, het my ingewande geril, vir die geluid daarvan het my lippe gebewe, 'n lamheid het in my gebeente gekom; ja, ek het daar gestaan en bewe, want ek moes wag vir die dag van benoudheid om aan te breek vir die volk wat ons aanval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek hoor dit en ek skrik. My lippe bewe, my hele liggaam word lam, my bene ruk. Ek bly stil en ek wag dat die dag moet kom. Ek wag vir die dag wanneer daardie volk ook swaar sal kry, die volk wat teen ons oorlog gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek hierdie dinge gehoor het, het ek aan die ruk gegaan en my lippe het gebewe omdat ek bang was. ’n Lam gevoel het oor my gekom en my bene het onder my padgegee. Ek het besluit dat ek rustig en stil sal wag vir die dag wanneer die Here se straf gaan kom oor die Babiloniërs wat Juda ingeval het. |