Habakkuk 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het die hoof van sy dorpe met sy stokke deurgeslaan; soos 'n stormwind het hulle uitgekom om my te verstrooi; hulle gejuig was soos om die armes in die geheim te verslind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U deurboor die leier van die soldate met sy eie spies. Sy soldate storm uit soos ’n warrelwind, want hulle dink Israel is ’n maklike prooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind. |
| Afrikaans 1983 | Met sy eie pyle deurboor U die aanvoerder wanneer sy manskappe uitstorm om ons te verstrooi terwyl hulle jubel soos dié wat die ellendiges in hulle skuilplekke verslind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U splyt met sy knuppels die koppe van sy magtiges wanneer hulle aanstorm om my te verstrooi, wanneer dit hulle vreugde is om die weerlose in 'n skuilplek te verslind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande se soldate hardloop na ons toe om ons weg te jaag na al die kante toe, maar U maak hulle leier dood met sy eie spies. Hulle het gedink u volk is swak, hulle het gedink hulle sal ons maklik vang en doodmaak waar niemand dit sien nie. Hulle het al klaar bly geword daaroor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die soldate van die vyand op die volk van die Here afgestorm het om hulle uitmekaar te jaag, het die Here die bevelvoerder deur sy eie wapen laat sterf. Hulle het gedink Israel is ’n maklike prooi. |