Habakkuk 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het uitgegaan tot redding van u volk, ja, tot redding saam met u gesalfde; U het die hoof uit die huis van die goddelose gewond deur die fondament tot aan die nek te ontdek. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 U gaan uit om u volk te verlos, U red u gesalfdes. U verpletter die leier van kwaaddoeners, van kop tot tone stroop U hom kaal.
Afrikaans 1933/1953 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
Afrikaans 1983 U het uitgegaan om u volk te red, om u gesalfde koning te red. U verpletter die aanvoerder van die goddeloses, U stroop hulle kaal van kop tot tone. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U trek op tot die redding van u volk, U kom tot die redding van u gesalfde. U verpletter koppe; U ontbloot die binneste van die goddelose van die heup tot die nek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U kom om u volk te red, en ook die koning wat U gesalf het. U maak die leier van die slegte mense dood en U breek hulle huise heeltemal af. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se doel was om Juda te verlos en die koning wat Hy oor hulle aangestel het te red. Hy sal die bevelvoerder van die goddelose mense verslaan en sy mag verbreek.