Habakkuk 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die son en die maan het stilgestaan in hulle woonplek: deur die lig van u pyle het hulle gegaan en deur die glans van u glinsterende spies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die son en die maan het begin verdof, verduister deur blitsende pyle en die glans van u blinkende spies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies. |
| Afrikaans 1983 | Toe u vlieënde pyle blits en u blink spies flikker, het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoog het die son sy hande gelig; die maan het stilgestaan in sy hoë woning, vir die lig van u pyle wat verbyvlieg, vir die glans van u blitsende spies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die weerlig is u pyle en u spiese. Wanneer die weerlig slaan, dan staan die son en die maan stil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook die son en die maan lyk dof teen die blitsende en vernietigende teenwoordigheid van die Here. |