Habakkuk 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee hom wat 'n bose hebsug na sy huis begeer, dat hy sy nes in die hoogte kan sit, om verlos te word uit die mag van die bose! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wee julle wat deur onreg ryk word! Julle dink dat rykdom vir julle sekuriteit sal waarborg, dat julle families buite bereik van gevaar sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil. |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het, hy wat vir hom 'n hoë nes wou bou juis om 'n ramp vry te spring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wee hom wat onregverdige wins maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou en homself van die mag van onheil te red. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met mense wat ander mense se goed vat en hulleself ryk maak, mense wat vir hulleself huise bou teen hoë berge sodat hulle veilig daar kan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal nog beroerd met julle gaan, Babiloniërs! Julle het op onregverdige maniere winste gemaak en daarmee julle families ryk gemaak. Julle het gedink niemand kan aan julle vat nie. Julle het julle huise op so ’n manier probeer veilig maak dat geen gevaar naby julle sou kon kom nie. |