Habakkuk 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal die hele oorblyfsel van die volke jou plunder; vanweë die mensebloed en vanweë die geweld van die land, van die stad en van almal wat daarin woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het baie nasies beroof, nou sal hulle julle beroof. Julle moordenaars! Julle het baie landelike gebiede en ook die stede met geweld geteister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners. |
| Afrikaans 1983 | Jy het baie nasies geplunder, maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder, want jy het baie bloed vergiet, geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat jy baie nasies geplunder het, sal al die volke wat oorbly, jou plunder oor die bloedvergieting van mense, die geweld teen lande, stede en almal wat daar woon.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het baie volke se goed gevat. Nou sal die volke wat oorgebly het, julle goed kom vat. Julle het baie mense vermoor, julle het oorlog gemaak teen al die mense wat in stede gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het baie nasies besteel, nou sal van die volke wat oorgebly het, julle besteel. Hulle sal wraak neem op julle oor al die mense wat julle vermoor het en oor al die stede en die mense wat onder julle geweld moes ly. |