Habakkuk 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal hulle nie almal 'n gelykenis teen hom en 'n spottende spreekwoord teen hom aanhef nie en sê: Wee hom wat vermeerder wat nie syne is nie! hoe lank? en aan hom wat hom met dik klei laai!
Afrikaans (NLV) 2011 “Die tyd kom wanneer hulle krygsgevangenes hulle sal koggel en verneder deur te sê: ‘Diewe! Einde ten laaste het die gereg julle ingehaal! Nou sal julle kry wat julle verdien vir julle verdrukking en uitbuiting!’
Afrikaans 1933/1953 Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie -- hoe lank? -- en hom beswaar met verpande goed.
Afrikaans 1983 Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom sing en met minagting na hom verwys. Hulle sal sê: Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie, wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sal juis hulle nie almal saam oor hom 'n spotlied laat opklink nie, ja, 'n spreuk, raaisels oor hom? Daar sal gesê word, ‘Wee hom wat dít vermeerder wat nie aan hom behoort nie – hoe lank nog? – wat homself met bruikleen belas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die volke sal eendag spot met die Galdeërs. Die volke sal vir mekaar sê: “Dit sal sleg gaan met mense wat hulleself ryk maak en wat goed vat wat aan ander mense behoort.” Dit sal nie meer lank wees nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die dag sal kom wanneer hierdie volke wat nou ly, spotliedjies oor die Babiloniërs sal begin sing en hulle belaglik sal maak met spotgedigte. Hulle sal sê: Dit sal nog beroerd met julle gaan, julle diewe! Hoe lank dink julle kan julle nog aanhou om mense te verplig om sogenaamde skuld te betaal sodat julle nog ryker kan word?