Habakkuk 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee hom wat vir die bos sê: Ontwaak! na die stomme klip: Staan op, hy sal leer! Kyk, dit is oorgetrek met goud en silwer, en daar is glad geen asem daarin nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wee julle wat vir ’n stuk hout sê: ‘Word wakker! Kom red ons!’ Kan julle by ’n lewelose klip iets leer? Kan ’n stom klip sê wat om te doen? Al is dit oorgetrek met goud en silwer is dit heeltemal sonder lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is g,,n gees in sy binneste nie! |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir hom wat vir 'n stuk hout sê: “Word wakker!” of vir 'n dooie stuk klip: “Staan op!” Kan 'n afgod jou iets leer? Al is hy met goud of silwer oorgetrek, is daar geen lewe in hom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee hom wat vir 'n stuk hout sê, ‘Word tog wakker!’ en ‘Staan op!’ vir 'n stom klip. Kan dié ding jou iets leer? Kyk, hy is wel oorgetrek met silwer en goud, maar daar is geen lewensasem in nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met iemand wat vir 'n stuk hout of 'n klip sê: “Jy moet wakker word, jy moet opstaan!” Die beeld kan nie vir hom iets leer nie. Hy het die beeld oorgetrek met goud of silwer, maar die beeld lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar wag slegte dinge vir mense wat vir ’n lewelose beeld van hout of klip sê: “Word wakker, kom aan die gang!” ’n Afgodsbeeld kan mos nie vir julle nuwe dinge bekendmaak of goed laat verstaan wat julle vroeër nie verstaan het nie. Nie eens die feit dat die beelde met goud of silwer oorgetrek is, maak dat hulle iets besonders is nie. Hulle bly leweloos! |