Habakkuk 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat baat die gesnede beeld dat sy maker dit gesny het; die gegote beeld en 'n leraar van leuens, dat die maker van sy werk daarop vertrou om stomme afgode te maak? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat is die nut om mensgemaakte afgode te aanbid? Dit is dwaas om julle vertroue te stel op iets wat julle met julle eie hande gemaak het. Dit is ’n afgod wat nie kan praat nie. Julle is dwase om dié leuens te glo! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak? |
| Afrikaans 1983 | Wat is die nut van 'n afgod? Dit is maar net iets wat deur 'n mens gemaak is, 'n beeld waarvan net bedrog te wagte kan wees. Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrou as hy 'n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Watter nut het 'n gesnede beeld as sy maker hom uitgekerf het? Dit is 'n gegote beeld en 'n leermeester van leuens. Ja, hy vertrou op die maaksel wat hy self geskep het. Wat baat dit om stom, nuttelose afgodsbeelde te maak? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Beeld van 'n afgod beteken niks. Iemand het die beeld gemaak, en die beeld laat mense lieg. Die mens wat die beeld gemaak het, dink die beeld sal hom help, maar die beeld kan nie praat of iets doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal nie help om julle afgodsbeelde te aanbid nie. Gewone, sterflike mense het hulle gemaak. ’n Mens bedrieg jouself as jy in sulke beelde glo. Hulle kan dan nie eens praat nie. |