Habakkuk 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die geweld van die Líbanon sal jou bedek en die buit van die diere wat hulle verskrik het, vanweë die mensebloed en vanweë die geweld van die land, van die stad en van almal wat daarin woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle kap die bome van Libanon af, nou sal julle afgekap word! Julle verskrik die wilde diere deur hulle in strikke te vang. Nou sal verskrikking julle tref omdat julle oral in die stede moord en geweld gepleeg het!
Afrikaans 1933/1953 Want die geweld aan die L¡banon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is -- weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
Afrikaans 1983 Jou geweld teen die Libanon sal jouself tref, jou mishandeling van die diere op die Libanon sal jouself vernietig. Jy het baie bloed vergiet, jy het geweld gepleeg teen baie lande, teen stede met hulle inwoners.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die geweld teen Libanon sal jou oorweldig en die vernietiging van diere sal jou beangs laat, ja, die bloedvergieting van mense, die geweld teen lande, stede en almal wat daar woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het die bosse op die Libanon-berg afgekap, julle het die diere doodgemaak. Nou sal ander mense julle ook doodmaak, want julle het oorlog gemaak en julle het mense doodgemaak in elke stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het onverantwoordelik met die natuur gewerk. Julle het wild en wakker bome afgekap en wilde diere doodgemaak. Nou is dit julle beurt om misbruik en doodgemaak te word. Dit is julle straf vir die moorde wat julle oral gepleeg het en die rowwe manier waarop julle met mense in stede gewerk het.