Habakkuk 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy is vervul met skaamte tot heerlikheid; drink jy ook, en laat jou voorhuid ontbloot word; die beker van die regterhand van die HERE sal na jou gedraai word, en 'n skandelike spoeg oor jou heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Binnekort sal dit julle beurt wees om in skande te kom! Kom, drink en word ontbloot! Drink uit die beker van oordeel. So sal julle eer in skande verander.
Afrikaans 1933/1953 Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer -- drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.
Afrikaans 1983 Jy sal self met skande in plaas van met eer oorlaai word, jy sal self dronk word en jou ontbloot! Die Here sal jou die oordeelsbeker wat in sy hand is, gee om te drink, en jou eer sal in skande verander word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, jy gaan met skande versadig word, in plaas van eer. Drink jy ook, en ontbloot jouself! Die beker in die regterhand van die Here sal by jou verbykom, en skande sal jou eer oortref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou sal al die mense vir julle ook spot. Niemand sal julle respekteer nie, want julle sal ook drink en kaal gaan lê. Die Here sal sy beker van swaarkry vir julle gee, en julle sal daaruit moet drink. Niemand sal julle respekteer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar julle sal self in die skande kom, al verwag julle eintlik dat ander mense julle met respek moet behandel. Kry van julle eie medisyne! Die Here sal julle straf. Hy sal sorg dat in plaas daarvan dat ander mense en volke baie van julle sal dink, hulle niks van julle sal dink nie.