Habakkuk 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee hom wat sy naaste te drinke gee, wat jou bottel vir hom opsit en hom ook dronk maak, sodat jy hulle naaktheid kan aanskou! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wee julle wat julle bure dronk maak! Julle meng drank en maak hulle dronk om na hulle naaktheid te kyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou. |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir hom wat, toe hy vir 'n ander drank gegee het, dit met gif gemeng het en hom dronk gemaak het om na sy kaal geslagsdele te kan kyk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wee hom wat sy medemens laat drink, wat sy gif daarby voeg, hulle selfs dronk maak, sodat hy hulle geslagsdele kan bekyk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met mense wat vir ander mense drank gee om te drink en wat die drank so sterk maak dat die mense dronk word en kaal gaan lê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slegte dinge wag vir julle, Babiloniërs! Julle wat in julle woede julle buurvolke se swakhede uitbuit en hulle dan in die openbaar sleg laat lyk. Hulle kan hulleself nie verdedig nie. |